Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Is dink of voel jou dryfveer?

In die verbystap hoor ek skrams die laaste deel van ’n gesprek. “En dit is wat my motiveer het . . .”

Langsamerhand neem ’n vraag vorm aan. Wat is die verskil tussen motiveer en inspireer? Is daar ’n verskil? Ek steek hier en daar ’n voeler uit.

Om gemotiveerd te wees om iets te doen, het seker ’n positiewe en ’n negatiewe kant. Iemand kan, om verskeie redes, gemotiveerd wees om te steel. Dit is selde dat ’n mens hoor dat iemand geïnspireerd was om te steel.

Motiveer is meer op die man af. Direk. In sommige gevalle, selfs hard. Inwoners word gemotiveer om die land te verlaat. Mense word gemotiveer om te oefen. Gemotiveer om te spaar. Gemotiveer om ’n doelwit te bereik.

Motivering kan verskeie vorme aanneem. ’n Dreigement kan jou motiveer. Die wete dat jy dalk iets kan verloor, kan tot motivering lei. Motivering is meer ’n dink-ding.

Inspireer is waarskynlik sagter. Ligter op die gemoed. Dalk ’n suggestie van iets.

Mense word geïnspireer om asemrowende kunswerke te skep. Hulle word ook geïnspireer om te oefen. Ook geïnspireer om te spaar. Tog voel dit asof dit op ’n ander manier benader word as wanneer hulle gemotiveerd is. Inspirasie is meer ’n voel-ding.

Sommige mense word selde gemotiveer om enigiets te doen. Die kans is dus skraal dat hulle ooit geïnspireer sal voel om iets te doen.

Mense kan om verskeie redes iets uitrig of nie uitrig nie. ’n Mens kan seker nie uit die vuis sê of hulle gemotiveerd of geïnspireerd is nie. Sommige is van nature meer gemotiveerd as ander. Die vraag is: Motiveer jy diegene rondom jou? Of inspireer jy hulle?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.