Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jaarwisseling hou hoop in

Nog ’n geskenk vir ’n kind – wat reeds ’n kamer vol het – gaan die kind nie soeter maak of maniere leer nie.

Nog ’n gereg op ’n oorlaaide Kerstafel gaan nie die geskiedenisboeke haal nie.

Nog ’n goedkoop (of ’n duur) geskenk, “net om darem iets te gee”, gaan nie deur die ont­vanger waardeer word nie.

Nog ’n familietwis oor by wie se huis die Kersete gehou – of nié gehou – moet word, het ’n langer nadraai as enige herinneringe aan hoe “lekker” daar gekuier is.

Nog ’n aankopie van iets wat nie werklik nodig is nie, gedoen op die ingewing van die oomblik, gaan vergete wees lank voordat die oortrokke limiet nie meer rooigesig is nie.

Die feestyd veroorsaak dat mense maklik hul regdenkendheid verloor.

Boonop gaan die oorgang tussen die laaste sekonde van 2019 en die eerste een van 2020 nie ’n wonderkuur vir allerlei probleme inhou nie. Die kwel­linge van 2019 stap saam die nuwe jaar in en die bekende bagasie waaraan elkeen dra, is swaar genoeg.

Eindig 2019 daarom so lig as moontlik en poog om dit in 2020 lig te hou.

Soos wat ene Jason Soroski geskryf het: “There is nothing magical about the flip of the calendar, but it represents a clean break, a new hope and a blank canvas.”

Al stap die ou kwellinge saam, syfer daar tog straaltjies nuwe hoop saam met die nuwe jaartal in.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.