Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Jammer’ is ook ’n doen-ding

In sprokies, wat deur baie eeue heen oorvertel is, word daar telkemale na towerwoorde verwys. “Open Sesame” uit Ali Baba en die 40 rowers is seker van die bekendste.

In die harde werklikheid kry ons ook met towerwoorde te doen: Asseblief. Dankie. Ek waardeer jou.

Daar is mense wat beweer dat “ek is jammer,” ook towerwoorde is.

Dit is in ’n mate waar. In baie gevalle word hierdie frase ongelukkig misbruik.

Een mens sê hy is jammer, die ander moet dit aanvaar.

Is dit so eenvoudig?

Gestel een mens slaan iemand anders en hy sê hy is jammer. Wanneer hy weer sy hand vir dieselfde mens lig, sê hy weer hy is jammer.

So kan dit aangaan. Vir dae. Vir weke. Vir jare. Selfs vir dekades.

Wanneer het iemand berou oor dit wat hy gedoen het? Waarskynlik wanneer hy sy gedrag verander om by hierdie towerwoorde te pas.

Daar is ongelukkig mense wat glo hulle (en hul herhaaldelik afskuwelike gedrag) moet aanvaar word omdat hulle die towerwoorde gebruik.

Die ander kant van die muntstuk is: Word hierdie towerwoorde gebruik én die gedrag daarby aangepas, is dit nie noodwendig ’n voorwaarde vir aanvaarding nie.

Die Engelse spreekwoord lui: “Your actions speak so loudly, I can’t hear what you are saying.”

“Ek is jammer” is nie net ’n sê-ding nie, dit is ook ’n doen-ding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.