Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong meisie hou haar lyf model
Jeaneigh Borghesi het talle pryse in modelkompetisies behaal.Foto: Verskaf

’n Sewejarige model van Upington het onlangs talle pryse in vier kompetisies verwerf.

In die Mini Miss RSA-kompetisie is Jeaneigh Borghesi, ’n gr. 2-leerling aan die Laerskool Oranje-Noord, as die mees foto­geniese junior en algehele junior wenner in die fotomodel-afdeling aangewys. Sy was onder die vier topdeelnemers in haar ouderdoms­groep, waarvan sy die jongste was. Die kompetisie is in Klerksdorp aangebied.

In die Toddler and Tween-kompetisie, ook in Klerksdorp, is Jeaneigh as die Social Buzz-wenner en die wenner in die Noord-Kaap-afdeling aangewys. Sy het ook die tweede meeste openbare stemme behaal.

In die Miss Summer-kompetisie, wat in Krugersdorp aangebied is, is sy as Mej. Persoonlikheid en die wenner in die ouderdomsgroep vir ses- tot agtjariges aangewys. Sy was ook die beste aangetrek en het die meeste selfvertroue openbaar.

In die Miss Beach Body- aanlyn kompetisie is sy as die wenner in haar ouderdomsgroep aangewys.

Jeaneigh is vir die Afrika-kind van die jaar-eerbewys benoem, en is die naaswenner in die gemeenskaps­bouer-afdeling.

In Desember gaan sy aan die Suid-Afrikaanse kind van die jaar-kompetisie deelneem.

Sy is reeds vier jaar lank ’n student aan die Dawrette Heyns-model­akademie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.