Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jonges bewaar erfenis

Meer as 40 kinders van die Rocco Knobel-Voortrekker­kommando en die D.S. Jacobs-landsdiensklub het Saterdag (23/11) die bloedige Noord-Kaapse son trotseer en onder meer indringerbome, onkruid en bossies by die Magers­fontein-burgermonument getem.

Ada Rheeder van die landsdiensklub vertel dat die leerlinge jaarliks in Mei by die monument skoonmaak, en dat Saterdag se skoonmaakprojek hul arbeidstaak is.

Volgens haar het lede van die klub vier liefdes in gemeen: die natuur, arbeid, hul medemens en die Skepper.

“Ons liefde vir arbeid help om te onderhou en bewaar,” sê sy.

Koos Pieters van die Rocco Knobel-Voortrekkerkommando sê ongeveer 35 van sy lede – van gr. 1 tot gr. 12 – is by die projek betrokke.

“Dit gaan oor skoonmaak en instandhouding, maar ook oor erfenisbewaring en kultuurverbintenis,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.