Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jonges reik uit na bejaardes
Alicia van der Westhuizen, voorsitter van AfriForum Jeug in Christiana, en Shanique Jacobs, verteenwoordiger van die Edith Smith-tehuis.foto: Verskaf

Die jeugvleuel van AfriForum se Christiana-tak het op 2 September bejaardes van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie se Edith Smith-tehuis met gevulde pannekoeke verras.

Dié jeugvleuel, wat sedert 1 September aktief is, het onmiddellik aan die werk gespring met die eerste projek.

Shanique Jacobs, verteenwoordiger van die tehuis, sê die bejaardes het die verrassing geniet.

“Gedurende die inperkingstyd was besoekers nie by ouetehuise toegelaat nie,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Dit het veroorsaak dat ons bejaardes meer eensaam en alleen voel.

“Gelukkig kon ons hierdie goedvoelprojek behartig om ons oumense te wys dat ons in hierdie tyd aan hulle dink.”

Alicia van der Westhuizen, voorsitter van AfriForum Jeug in Christiana, is positief oor die jongmense en die rol wat die organisasie in haar gemeenskap speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.