Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jonges voorberei

Die eerste groep spelers wat by die Griekwas-rugby­instituut ingeskryf is, gaan op 1 Maart by Tafel Lager Park in Kimberley vir ’n oriëntasiedag aanmeld.

Die eerste program van dié instituut, wat op 27 November amptelik bekend gestel is, begin op 6 Maart.

Marnus Kok het vroeër op Netwerk24 berig dat die droom om rugbyspelers van die Noord-Kaap binne vyf jaar vir Griekwas se senior provinsiale span te sien speel, met die Griekwas-rugby­instituut gestalte kry.

Dié nuwe inisiatief wil spelers vir die wêreld van beroepsrugby voorberei en hulle terselfdertyd ’n geleentheid vir ’n tersiêre kwalifikasie bied.

Die Griekwaland-Wes-rugbyunie en UXI Sport het met dié projek hande gevat.

Kok skryf dat UXI Sport reeds ’n bewese rekord in die rugbywêreld het. Dit is onder meer die akademiese vennoot van die Westelike Provinsie en Cheetahs, wat soortgelyke programme het.

By die Griekwas-rugbyinstituut sal spelers in die Noord-Kaap die fynere kunsies van die spel by Brendell Brandt leer, wat as die hoofafrigter aangestel is.

Brandt het in sy speeldae onder meer vir die Poubloues diens gedoen.

Terwyl studente se rugbyvaardighede geskaaf word, sal hulle in verskeie aspekte van sportbestuur geskool word.

Dit sal spelers help om ook voor te berei vir wanneer hul speeldae verby is.

Kok skryf die plan is dat spelers vanaf 2022 ook kwalifikasies in landbou en ambagte kan verwerf.

“Die instituut sal as voedingsbron vir Griekwas se o.20-span dien, hoewel ander spelers, byvoorbeeld dié in klubs, ook oorweeg sal word,” sê Jaco Dames, afrigtings- en werwingskonsultant.

Dames het aan Kok vertel dat nie ’n enkele speler in Griekwas se span wat aan die Curriebeker-reeks deelgeneem het, oorspronklik van die Noord-Kaap is nie.

Die instituut is by Tafel Lager Park geleë, waar die jong spelers ook blootstelling aan die Poubloues se kultuur en manier van doen sal kry. Hul verblyf is ook naby die stadion.

  • Dames sê daar is nog plek vir spelers wat in dié program, wat eersdaags begin, belang stel.

Bel Dames by 084-025-4487 of Christo Tiger by 063-777-1144 vir inligting en besoek die Facebook-blad Griquas Rugby Institute.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.