Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KAMEELDORING: Aan die aarde gebind

Hy swoeg met skoffelpik teen die ewige verpesting van stinkblaar en kakiebos, sy voorkop onder gryse hare druppend van die sweet. Mielies staan geil op sy lappie aarde.

Ou gryse, jy moet sterk staan, my vrind. Boerwees is nie stadsmenswees nie.

Die veld lê bar en braak. Selfs die witgatbome staan spookagtig en blaarloos met arms na die hemele, al smekend vir reën. Vyf somers se dood lê oor die veld en die skaapskedel grynslag oor die hulpelose mensdom wat hul laaste moed uitgebid het.

Hy laai die emmer skaap­stukkies agterop die bakkie en die voertuig kreun moeisaam die veld in. By die verdorde kokerboom sit die bakore al en wag. Hy klim moeisaam uit en gooi stukkies vleis na die bakoorvossies.

Ek weet jou diere is almal dood, my maat – maar as jy vandag nie daar was nie, was die vossies teen donkermaan die ander wêreld in. Hou moed, die reën sal kom.

Hulle gesels vrolik so onder mekaar hier waar die aalwee se blare dik van die sappe sit. Die ou antie beduie die jonges hoe ’n mens die blare soek en met deernis uitsny sodat die plant volgende jaar weer sy oes kan gee.

Een pak die blare snykant ondertoe sodat die wondermiddel stadig in die erdekom sypel.

Moenie net verkoop nie, was my raad aan jou, ou slimkop wat die aalwyn soos die Bybel ken. Hy maak nie prys nie, hy betaal jou prys. So kom onbekende vriende oor ’n mens se pad – aan die aarde verbonde omdat hulle boere is. Hulle haal uit die aarde en gee terug en saai ons tafels met heilsaamheid.

  • Verkort. Verdoorn is ’n natuurliefhebber en -bewaarder.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.