Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KAMEELDORING: Sterre skyn bo almal

Daardie jare was die dorp ’n ver plek. Die 30 kilometer tot daar, voor in Pa se Jeep-bakkie, was nimmereindigend.

Hy het altyd ’n geduldige spoed gehandhaaf en nie veel gepraat nie. Soms het hy so in die stilte met die een hand beduie asof hy ’n driftige gesprek voer.

Met stowwerige kaalvoete het die kinders mekaar geskop-skop en daaroor gegiggel.

Eers dekades later sou hulle verstaan dat sake uitgepluis kan word agter die stuurwiel van ’n voertuig met ’n oop pad voor jou.

Die plaaskinders was haastig om in die dorp te kom waar nuwe avontuur gewag het.

Soos om op die somerwarm sypaadjies van een koeltekol na ’n ander te spring. Om in die Boerewinkel kwylend na die verskillende kleure lekkergoed agter glasafskortings te kyk.

En die heel lekkerste: om voor die terugkeer plaas toe “één iets” by die kafee te kon kies. Gewoonlik was dit ’n taai, pienk springmieliebol, of ’n oranje lemoenroomys.

Die wonderlikste van dorp toe gaan was oom Fasie se inry op ’n naweekaand. Vir die kinders, wat net aan kers- en lamplig gewoond was, was die dorp se elektriese ligte reeds iets om na uit te sien. ’n Mens kon jou kop heen en weer swaai sodat die liggies sulke sig-sag-strepe maak.

Maar telkens was daar nie geld vir die inry nie.

Dan het Ma donkeraand ’n kombers op die grasperk oopgegooi. Daarna het almal in ’n ry op die kombers gelê en Pa het vertel dat sterre ewe helder bo almal skyn. Maar baie sien dit nie raak nie, het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.