Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kanker eis GW-speler

Riaan van der Berg, wat die Griekwas in meer as 50 wedstryde op die rugbyveld verteenwoordig het, is verlede week aan kanker oorlede.

Volgens sy seun, JJ, is kolonkanker sowat twee jaar gelede by sy 54-jarige pa gediagnoseer.

In Augustus het sy toestand erg verswak toe die kanker versprei het.

Van der Berg was ’n boorling van Bloemfontein, wat aan die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in dié stad skoolgegaan het.

Hy was ’n veelsydige agterspeler, wat van 1986 tot 1991 in 55 wedstryde vir die Poubloues gespeel het.

Ná sy rugbydae was hy ’n elektrisiën. Hy en sy vrou, Adri, het op ’n hoewe by Kwaggafontein buite die Rosestad gebly.

’n Gedenkdiens is Vrydag (01/02) in die NG kerk Gardeniapark in Bloemfontein gehou.

Van der Berg word deur Adri en JJ oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.