Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kaskenades maak leerproses lekker
Frances van der Merwe, ’n matriekleerling, hou daarvan om ongewone posisies in te neem wanneer sy studeer.Foto: Verskaf

Dit is eksamentyd, en sommige Noord-Kaapse leerlinge raak kreatief om die leerproses draagliker en interessanter te maak.

Frances van der Merwe, ’n matriek­leerling aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley, strek graag oor ’n oefenbal en omskep die vakinhoud in stories en rympies om die inhoud vir die nasionale seniorsertifikaateksamen te bemeester. Sy span selfs die honde en katte as karakters in om haar Afrikaanse, Engelse en Duitse literatuur te laat insink.

Sy reken oudioboeke help haar om taalvakke te bemeester en ’n dieper insig in die simboliek van bekende werke te kry.

“Ek het al ’n storie opgemaak om die Kubaanse missielkrisis onder die knie te kry. My honde moes die rolle van John F. Kennedy en Nikita Kroestjof vertolk.”

Frances, wat ook kunssinnig is, skep selfs skilderye van die mens se anatomie om biologie te bemeester.

“Anders maak ek rympies op van Sannie die sel wat twee persoonlikhede het wanneer seldeling plaasvind. Ek is gek oor kleur. Daarom plak en teken ek prente in my boeke. Prentjies en kleur vervang woorde soos water, wat ek met blou druppels teken, of bloed word rooi kolle en vuur word ’n vlam,” sê sy

“Ek kan net nie stilsit wanneer ek leer nie. Op en af moet ek loop. Beweging verbeter seker my konsentrasievermoë.”

Sommige vakke soos wiskunde vereis dat ’n leerling by ’n lessenaar sit en vraestelle uitwerk. Nie Frances nie.

“Ek sit op ’n lae stoel met die vraestelle op my bene.”

Sy glo dit is beter om ’n uur op ’n slag te leer en dan tien tot 15 minute te rus.

Vandeesweek skryf sy drie vraestelle, waarna sewe vraestelle nog oorbly.

Sy wil volgende jaar begin studeer om haarself as chiropraktisyn te kwalifiseer.

  • Foto’s van matrikulante se leerproses kan na helena.barnard@media24.com gestuur word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.