Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kby maak skuif vir skaakfees

Talle van Suid-Afrika se beste skaakspelers sal van Saterdag (15/06) tot Sondag 23 Junie in die Diamantstad vir die Suid-Afrikaanse Ope Skaakfees wees.

Dié toernooi, wat die Suid-Afrikaanse Ope Kampioenskap en die Suid-Afrikaanse Individuele Skaakkampioenskap vir Skole insluit, sal in die Mittah Seperepere-konferensie­sentrum plaasvind.

Volgens Warren Ahjum, organiseerder van die toernooi en sekretaris van die Noord-Kaap-skaakfederasie, word meer as 800 skaakspelers verwag.

“Vanjaar is die eerste keer wat Kimberley die geleentheid kry om die skaakfees aan te bied.

“Dit is goed vir skaak in die Noord-Kaap en vir die plaaslike ekonomie en is ook ’n geleentheid om die Noord-Kaap oop te stel om in die toekoms groter toernooie aan te bied,” meen hy.

“Plaaslike spelers sal blootstelling tot ’n hoë vlak van skaak kry.

“Skaak is nie net ’n sport nie, maar ook ’n gereedskapstuk vir ontwikkeling. Dit kan leerlinge se vermoëns in wiskunde en wetenskap verbeter.”

Die toernooi sal ook van Suider-Afrika se top-skaakspelers lok.

Dit sluit in die Suid-Afrikaanse meesters Johannes Mabusela en Watu Kobese, asook Providence Oatlhotse van Botswana.

Daar is ook sprake dat Sahaj Grover, ’n grootmeester van Indië, moontlik die toernooi sal bywoon.

Volgens Ahjum sal die Suid-Afrikaanse Ope Kampioenskap oor nege rondes gespeel word.

Toeskouers is welkom en daar word gewerk om groot skerms te kry waarop die aksie dopgehou kan word.

Die prysuitdeling vind Saterdag 22 Junie plaas.

  • Besoek die Suid-Afrikaanse Ope Kampioenskap se amptelike webwerf by www.saopen2019.com vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.