Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kby-slaghuis weer onder bestes in SA

’n Slaghuis van Kimberley het weer gewys waarom hy as een van die beste slaghuise in die land beskou word nadat hy die vierde keer met ’n nasionale prys op die Cleaver-eerbewysgeleentheid weggestap het.

Die geleentheid het Donderdag (30/05) by Emperors Palace in Johannesburg plaasgevind.

West End Vleismark van Kimberley – wat in 2014, 2015 en 2017 ook nasionale Platinum Cleaver-eerbewyse gewen het en in 2016 met ’n provinsiale Cleaver-eerbewys weggestap het – is vanjaar met nog ’n nasionale prys vereer. West End Vleismark het gewen in die afdeling vir slaghuise met drie betaalpunte of minder.

Die Cleaver-pryse is ’n projek wat deur die Freddy Hirsch-groep ondersteun word en in 2005 deur die Rooivleisnywerheidsforum begin is om erkenning aan slaghuise te gee wat die hoogste standaard handhaaf en die standaard van slaghuise in Suid-Afrika verhoog.

Die projek is vanjaar in sy 14de jaar.

Die pryse gee erkenning aan slaghuise wat verbruikers se verwagtinge oortref wat higiëne, gehalte, kundigheid en waarde vir geld betref.

Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging (SAFA), sê dat standaarde aansienlik verbeter het sedert die instelling van die Cleaver-pryse.

Dié pryse word alom as ’n stempel van goedkeuring deur verbruikers beskou, veral aangesien slaghuise nie hulself inskryf nie, maar deur klante benoem word.

Vanjaar is 40 000 benoemings ontvang, meer as ooit tevore.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.