Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kies vanjaar om opreg te wees

So vroeg in die jaar is dit lekker om almal se planne vir die nuwe jaar aan te hoor.

Sommiges is haalbaar, ander heeltemal onbereikbaar. Sommiges is snaaks, ander is diep en stem ’n mens tot nadenke.

Die meeste mense wil weer begin oefen en ander wil rustiger wees.

Daarom is die Nuwejaarsvoorneme waaroor ek hier skryf vir my so spesiaal. Dit het my ’n bietjie laat stop, ’n bietjie laat dink.

Die vrou sê sy het net een voorneme: Hierdie jaar gaan sy skynvriendelike mense vermy. ’n Mooi woord, met ’n vreeslike betekenis.Die soort wat altyd vir jou glimlag, maar dit glad nie bedoel nie.

My vraag is: “Hoe jy gaan jy tussen skynvriendelikheid en opregte vriendelikheid onderskei?”

Sy antwoord sterk: “Almal sien dit duidelik. Net skynvriendelike mense besef nie dat mense opregtheid en eerlikheid wil hê nie.”

Mense sien deur jou. Almal word nie met ’n glimlag, ’n skynheilige “hoe gaan dit” en ’n onopregte meelewing geflous nie.

Dit is haar Nuwejaarsvoorneme. Hierdie jaar gaan sy skynvriendelikheid vermy. Sy gaan haar tyd met opregte mense deurbring.

Is dit haalbaar? Ek weet nie, maar ek hoor haar. Skynvriendelikheid is vir niemand lekker nie. Niemand wil dit hê nie, almal sien vroeër of later deur dit.

My Nuwejaarsvoorneme is dus om opreg te wees. Mense kom opregtheid agter; mense weet wie jy is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.