Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kimberliet swem haar weg na wêreldkampioenskap oop

’n Swemmer van die Diamantstad is saam met vyf ander Suid-Afrikaanse swemmers, insluitend Chad le Clos, in Doha in Katar.

Carina Brand (18) gaan daar aan die Fédération Internationale de Natation (Fina) se swemwêreldbekerkampioenskap deelneem.

Brand sal van Donderdag (13/09) tot Saterdag (15/09) teen van die wêreld se beste vroueswemmers meeding.

Dit sal in nommers wees wat wissel van die 50 m- tot 800 m-vryslag en die 50 m- tot 200 m-vlinderslag.

Brand, ’n Noord-Kaapse rekordhouer in die 100 m-vlinderslag, is veral een om dop te hou in die 100 m- en 200 m-vlinderslag.

Haar Noord-Kaapse rekord vir die 100 m-vlinderslag is 1 minuut, 6 sekondes en 74 splitsekondes.

Sy het tydens die Suid-Afrikaanse Short Course-kampioenskap (in ’n 25 m-swembad) wat in Augustus plaasgevind het, vir die Suid-Afrikaanse B-span gekwalifiseer.

Hier het sy 11de in die 200 m-vlinderslag geëindig.

Sy het op hierdie manier in aanmerking gekom vir die Suid-Afrikaanse span wat aan die swemwêreldbekerkampioenskap gaan deelneem.

Brand het Dinsdag (11/09) vertrek en behoort Sondag (16/09) na Suid-Afrika terug te keer.

Haar broer, Machiel Brand, vergesel die span as spanbestuurder na Doha.

Brand het verlede jaar aan die Kimberley Girls’ High School matrikuleer en wil volgende jaar BCom rek aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

Sy het besluit om direk ná matriek ’n oorbruggingsjaar te doen waarin sy hoofsaaklik op haar swem fokus.

In dié jaar doen sy ook ’n paar vakke vir nie-graaddoeleindes deur die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Volgens Brand het sy op skool op provinsiale vlak aan swem deelgeneem.

Dit is egter die eerste keer wat sy Suid-Afrika by ’n internasionale kompetisie gaan verteenwoordig.

“Toe ek vir my swemafrigter, Gerard Naus, verlede jaar vertel dat ek ’n jaar wil afvat om net op my swem te fokus, het hy gesê ‘kom ons doen dit en kyk hoe dit gaan’, ” sê Brand.

“Hy het saam met my geoefen.

“Ons het middagsessies gedoen. Ons het alles wat ek voorheen gedoen het, meer as verdubbel.

“Ek het nooit gedink ek sou dit regkry om Suid-Afrika te verteenwoordig nie, maar ek het gesê kom ons kyk of ek dit kan regkry,” vertel Brand.

“Ek kan nie glo dit het gebeur nie. Ek is baie opgewonde,” sê sy.

Brand het glo gemiddeld drie en ’n half uur per dag geswem om haarself vir die kompetisie voor te berei.

Sy ry ook perd om haar fiksheid te verbeter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.