Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kimberliete na Paasfeesdienste genooi

Paasfees is een van die belangrikste godsdienstige feeste in die Christelike-kerkjaar en vier die opstanding van Jesus Christus wat volgens sy volgelinge op die derde dag ná sy kruisiging uit die dood opgestaan het.

Om die geleentheid te vier, hou kerke in Kimberley in die week van Sondag (14/04) tot Sondag 21 April heilige dienste en almal is welkom.

  • Palmsondag (14/04) vind om 16:00 by die Trinity Metodiste kerk met ’n koordiens en preek deur ds. Neels Klynsmith plaas.
  • Op Vyemaandag (15/04) om 18:30 bied eerw. Roland Greenland ’n diens met die tema “Emptiness of the Upper Room” in die St. Andrew- Presbeteriaanse kerk aan.
  • Op Heilige Dinsdag (16/04) om 18:30 bied eerw. Bongani Mshumpela ’n preek met die tema “Emptiness of the Garden of Gethsemane” in die Beaconfeld Meto­diste kerk aan.
  • Op Spioenwoensdag (17 April) om 18:30 lewer ds. Dawie Scheepers ’n preek met die tema “Emptiness of the Courtroom” by die Reformed Church in Africa (RCA) aan.
  • Op Donker Mette-Donderdag (18 April) om 18:00 preek ds. Abram Swanepoel in die NG kerk Har­monie. Die tema is “Emptiness of the Heart”.
  • Op die oggend van Goeie Vrydag (19 April) om 09:00 preek ds. Pieter-Roux du Toit oor “Sewe woorde van die kruis” by die NG kerk Dutoitspan.
  • Op Stille Saterdag (20 April) sal daar vanaf 18:30 ’n tyd van stilte en gebed in die NG kerk Dutoitspan gehou word. Ds. Ensie Enslin sal die geleentheid waarneem.
  • Op Paassondag (21 April) om 06:00 lewer ds. Ensie Enslin ’n preek getiteld “Emptiness of the Grave” by die Pirates-sportterrein (oorkant die Virgin Active).

Om 09:00 preek ds. Meyer van Wyk in die NG kerk Diamantveld oor dieselfde tema.

Kontak enige van die gemeentes of bel ds. Pieter-Roux du Toit by 082-336-8958 vir inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.