Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinderboek van NK-skrywer te wen
Bitterbosbende – Die geheim van die nuwe hoofdeur Anzil Kulsen kan vandeesweek gewen word.

By die Laerskool Bitterbos kom die nuwe skoolhoof soos ’n yskoue onweerswind by die eerste saal­byeenkoms in.

In Anzil Kulsen, Noord-Kaapse skrywer wat in Upington bly, se nuwe kinderboek, Bitterbosbende – Die geheim van die nuwe hoof, word Kurt, sy sussie en hul maats summier na dié skrikwekkende skoolhoof se kantoor ontbied toe hulle ’n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak.

Een Noordkaap-leser kan dié kinderboek wen deur die antwoord op die vraag na helena.barnard@­volksblad.com te e-pos, of dit per “message” te stuur na die Facebook-blad Noordkaap koerant, voor of op Dinsdag (28/07) om 16:00. Die enigste voorwaarde is dat die boek in Kimberley afgehaal moet word.

Vraag: Wat is die laerskool in die boek se naam?

  • Noordkaap-lesers word aangeraai om die Facebook-blad Noordkaap koerant dop te hou vir nog kanse om boeke te wen. Die ruimte in die koerant laat nie publikasie van al die kompetisies toe nie.

Dié skakel kan ook gevolg word: netwerk24.com/ZA/Noordkaap/wen-een-van-vier-boeke-20200716

Boeke wat tans gewen kan word, is: Gediggies vir vrolike gesiggies deur Aletté-Johanni Winckler, Mia - ’n Ma se storie van verlies en hoop deur Mariska Robberts, Hooglied deur Marzanne Leroux-Van der Boon en Die Bybel in Fokus deur Louis Jonker, Jan Botha en Ernst Conradie.

Boeke wat eersdaags gewen kan word, is onder meer Anton Goosen, Liedjieboer deur Hanlie Retief, As die Cape Flats kon praat deur Brian Fredericks, Merk deur Rudie van Rensburg en Slagoffer deur Francois Smuts.

  • Geluk aan Fierozah Davids, wat die boek Draairivier deur Engela Ovies gewen het.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.