Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Klasse sal nie herhaal word’

Geen klasse sal herhaal word nie. Die akademiese program by die Sol Plaatje-universiteit (SPU) is reeds twee weke lank vertraag en geen verdere vertragings sal deur die bestuur geduld word nie.

“Neem asseblief kennis dat die universiteit oop is en klasse sal voortgaan,” lui ’n inligtingstuk wat die SPU-bestuur Maandag (24/02) aan die universiteitsgemeenskap uitgereik het.

Sedert vroeg vanjaar het SPU-studente gestaak en talle eise aan die universiteitsbestuur gerig.

Op 9 Februarie het die studenteraad (SR) ’n lys van eise rondom kwessies oor koshuise, spyseniering, akademie, gesondheid, algemene welstand, finansies en sport ingedien.

Teen 11 Februarie het die bestuur op dié eise reageer en ’n werkplan ontwikkel om die kwessies aan te pak. Die SR is op 14 en 19 Februarie opnuut oor die vordering ingelig.

Die SR het op 19 Februarie nog ’n memorandum, wat op die skorsing van twee SR-lede betrekking het, aan die bestuur oorhandig.

Dié middag het die SR mondelings die hoofbedryfsbeampte oor twee bykomende eise ingelig.

Die een is die opheffing van die interdik wat aan die universiteit toegestaan is, en die tweede is volle WiFi-dekking in al die koshuise voor die aanvang van die akademiese program.

Bestuurslede het op 20 Februarie met die SR vergader om die vorige dag se drie eise te bespreek.

Kashini Maistry, senior bestuurder van kommunikasie en bemarking, sê die bestuur was optimisties dat voldoende inligting oor dié drie eise aan die SR verskaf is.

Die SR het onderneem om sy betrokkenes te raadpleeg en op die volle lys van eise te reageer.

Volgens Maistry is geen terug­voering teen Vrydagmiddag (21/02) ontvang nie, waarna die bestuur die studente ingelig het dat klasse Maandag (24/02) sou voortgaan.

Die SR het egter Sondag (23/02) aan studente kommunikeer dat klasse nié sal voortgaan nie.

Volgens die SPU-bestuur is dit ’n direkte oortreding van die tussentydse interdik wat op Donderdag 13 Februarie deur die Hooggeregshof aan die SPU toegestaan is.

Luidens dié interdik mag studente nie in enige aktiwiteite betrokke raak wat bedoel is om onderrig te ontwrig nie.

Studente mag ook nie toegang of beweging van en na die SPU-kampusse versper nie, en intimidasie, aanranding of dreigemente van personeellede word verbied.

SPU-eiendom en -persele mag ook nie beskadig word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.