Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klubrugby-reuse sal aarde laat dreun

Van die land se beste klubrugbyspanne sal Saterdag (09/02) die aarde onder hul voete laat dreun wanneer hulle mekaar die stryd aansê ten tyde van die Kimberley-rugbyklub se rugbydag in die Diamantstad.

Pieter Streak, een van die Kimberley-rugbyklub se afrigters, voorspel dat vanjaar se seisoen op ’n hoë noot sal afskop.

Met ’n paar van die land se beste klubrugbyspanne wat teen mekaar sal meeding, kan besoekers rugby van die boonste rak verwag.

Spanne soos die Bloemfontein Polisie-rugbyklub (verlede jaar se Vrystaat-klubkampioen), Roodepoort-rugbyklub (naaswenner van die Goue Leeus-rugbyunie se Pirates-uitdaagreeks van 2018), Sishen-rugbyklub (wenner van die Griekwa-superliga vir rugbyklubs), Kimberley-rugbyklub (naaswenner van verlede jaar se Griekwa-superliga vir rugbyklubs), Welkom Dorp-rugbyklub (Griffon-klubkampioene), Bloem Collegians en die Barbarians (’n span wat uit oud-Griekwa-spelers en plaaslike talent van Kimberley bestaan) sal almal op die rugbydag te siene wees.

Die rugbydag word op die Kimberley-rugbyklub se tuisveld by Vleissentraal-park by Moorestraat 6 aangebied.

Die hekke maak om 11:00 oop en toegang kos R20.

Die program is soos volg:

  • Om 12:45 pak Bloem Collegians die Barbarians van Kimberley.
  • Bloemfontein Polisie-rugbyklub pak Roodepoort-rugbyklub om 14:22.
  • Een van die hoogtepunte vir plaaslike rugbyondersteuners sal wees wanneer Kimberley-rugbyklub die manne van Welkom Dorp-rugbyklub aanvat.
  • Laaste, maar nie minste nie, is daar ’n wedstryd tussen Sishen-rugbyklub en Roodepoort-rugbyklub.

Daar sal ’n biertent wees en DJ Ready T sal toeskouers vermaak.

Bel Streak by 079-519-9225 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.