Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koeie bly só tevrede

Dié tyd van die jaar verander Rusland van sonskyn na sneeu, groen na grys – en veroorsaak emosionele spanning en siektes.

Volgens veeartse is dié land se beesbevolking vatbaar vir winter-neerslagtigheid en wetenskaplikes glo dat hulle ’n oplossing gekry het – virtuele werklikheidsbrille.

The Telegraph berig dié toestelle word op Russiese koeie se kop vasgemaak in ’n poging om hul melk­produksie te bevorder deur hulle te laat dink hulle leef permanent op sonnige weivelde.

Moskou se landbou­ministerie het navorsing aangehaal dat tevrede koeie wel meer melk produseer.

Die brille is aangepas volgens ’n koei se kop en visie en ontwerpers het ’n program wat ’n somerveld simuleer ontwikkel.

  • Nog ’n deurbraak op die beesfront is dat vlieë afskud dalk iets van die verlede is deurdat dié diere met ’n waterbasis-verf geverf word.

Japanse navorsers het bevind dat wanneer koeie geverf word om soos ’n zebra te lyk, die diere 50% minder deur vlieë gebyt word. Dié studie se bevindinge is onlangs in die vak­joernaal PLOS One gepubliseer.

As deel van die studie het die navorsers ses swart koeie geverf. Van die koeie het swart-en-wit strepe gekry, ander swart strepe en ander is ongeverf gelaat.

Die ongeverfde koeie en die koeie met die swart strepe het binne 30 minute sowat 110 byte verduur, terwyl die koeie met die swart-en-wit-strepe in dieselfde tydperk minder as 60 byte gekry het.

Saamgestel, Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.