Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koerant reik wyd in NK

Op 3 September, met meer as 51 jaar se gesamentlike ervaring in die koerantbedryf, het die eerste uitgawe van die NoordkaapBulletin verskyn, wat die samevoeging van twee van Media24 se gemeenskaps­koerante, Noordkaap en Kalahari Bulletin is.

Dié weeklikse tweetalige koerant word in 22 Noord-Kaapse dorpe versprei – van Kuruman, Upington, Kakamas, Groblershoop en Postmasburg tot in Kimberley, met ’n klomp dorpe tussenin.

Noordkaap het vir die eerste keer in September 1982 verskyn en die eerste Kalahari Bulletin in Maart 2007, en dié twee koerante se gesamentlike leserstal en bemarkingskrag maak NoordkaapBulletin ’n publikasie om van kennis te neem.

Vroeër het Jeaninne van Zyl, hoofbestuurder van die Volksblad-koerantgroep, gesê die samesmelting is deel van die stappe deur Media24 ter wille van volhoubare gedrukte nuusmediums in die platteland. Die nuwe titel is een van vyf in die stal van Sentraal24.

NoordkaapBulletin poog nie om Volksblad, wat nie meer as ’n gedrukte dagblad bestaan nie, te vervang nie.

Hoewel die koerant per geleentheid nasionale en provinsiale nuus sal dra, is die klem op dié wye streek; op sy mense se doen en late; ontwikkeling, entrepreneur­skap, wysheid van gevestigde ondernemings en die durf van nuwe besighede.

Enige persoon, instelling of onderneming wat ’n diens of produk het om te bemark, moet kennis neem van dié nuwe koerant met ’n halfeeu se ondervinding, wat in grootmaat versprei word en ook in sommige woonbuurte huis-tot-huis afgelewer word.

NoordkaapBulletin Eerste uitgawe

Meer oor:  Noordkaapbulletin  |  Eerste Uitgawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.