Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kommer neem toe

Terwyl rye mense daagliks voor Covid-19-toetssentrums in Kimberley opgemerk word, het die getal mense in die provinsie wat positief vir dié koronavirussiekte getoets het, Maandag (27/07) tot 3 875 gestyg, met sterftes op 29.

Die grootste getal infeksies kom steeds in die Sol Plaatje-munisipaliteit voor (1 329) met die tweede meeste in die Umsobomvu-munisipaliteit in Colesberg (627).

Teen Maandag het die nasionale dodetal die 7 000-kerf oorgesteek met 452 529 positiewe gevalle.

Patrick Mabilo, burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het Donderdag (23/07) aangekondig dat hy van Covid-19 herstel het.

Mabilo maan inwoners om die basiese voorkomingsmaatreëls teen Covid-19 ernstig op te neem en sê dat enigeen dié siekte kan opdoen.

Verlede week is ook berig dat ’n werker van dié munisipaliteit dood is nadat hy gehoor het dat ’n kollega, wat die vorige dag nog saam met hom gewerk het, positief vir Covid-19 getoets is.

Talle ondernemings, winkels van bekende kettinggroepe en staatsinstellings in Kimberley het reeds hul deure tydelik vir ’n ontsmettingstydperk gesluit nadat werkers positief getoets is. Verlede week is ook bekend gemaak dat vier bejaardes by ’n aftree-oord in die stad positief getoets het.

Intussen het die Mediclinic Gariep en die Mediclinic Kimberley persone, wat graag as vrywilligers tydens die Covid-19-pandemie by die hospitale wil optree, gevra om dié instelling vir meer besonderhede te kontak.

Die DA het Maandag (28/07) ’n beroep om die LUR van gesondheid, Maruping Lekwene, gedoen om spoedig die bestuurskwessies by die Robert Sobukwe-hospitaal in Kimberley op te los. Volgens dié party lei swak bestuur tot die aankoop van verkeerde mediese voorraad, of geen voorraad nie. Kommer bestaan oor die toenemende agteruitgaan van die hospitaal se infrastruktuur, wat veronderstel is om een van die belangrikste bakens in die pandemie in die Noord-Kaap te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.