Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kookwarm toekoms lê voor

Andrea Swartz, ’n gr. 12-leerling aan die Elizabeth Conradie-skool in Kimberley, het in Oktober vir haarself ’n tweede plek én geld vir studies losgekook.

In die eindronde van die Food and Beverage Institute (FBI) se sjef­kompetisie vir Noord-Kaapse skole, wat in Upington gehou is, was sy een van die finaliste en haar punte was slegs 0,5% minder as dié van die wenner.

“Andrea is ’n uitblinker. Sy dink altyd vernuwend,” sê Marì Greeff, haar verbruikerstudie-onderwyser.

Die kompetisie is vir gr. 12-leerlinge in verbruikerstudie of hotelbestuur en leerlinge moet vooraf daarvoor kwalifiseer.

Op die dag van die kompetisie moes die finaliste ’n driegangmaaltyd met maalvleis in die hoofgang voorsit.

Hiervoor het Andrea onder meer ’n maalvleisrol op ’n reuse-sampioen, met mostertsous, voorgesit. Pampoenpoffers met versuikerde lemoenskil en ’n slaai van mango, avokadopeer en aarbeie was van die ander geregte.

Andrea se soesji-voorgereg het haar die prys vir die beste voorgereg van die dag besorg.

Andrea het R10 000 as finalis ontvang en ook R25 000 vir studie aan die FBI se sjefskool in Bloemfontein. Die volledige uitgawe vir dié soort studie sal heelwat meer wees.

Enigeen wat Andrea wil ondersteun, kan Greeff by 082-565-8333 bel, of skoolhoof Eddie Maloudy by 053-832-4354.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.