Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kosbare tyd snel én sloer

“Time is money”, of so word gesê. Net so word die uitdrukking “hurry up and wait” gereeld gebruik.

Sou dit nie voordelig vir ’n mens se begroting wees indien al die “hurry up and wait” in “time is money” omgeskakel kon word nie?

Destyds is die beginsel om sewe minute voor die aanvang van ’n geleentheid op te daag by weermag­lede ingedril.

Dié beginsel het lank reeds vervaag, en selfs diegene wat die moeite doen om presies op die aangekondigde tyd waarop ’n geleentheid ’n aanvang neem op te daag, se minute tik die een ná die ander in ’n gewag verby.

Dalk is daar iewers ’n ongeskrewe handleiding waarin die beginsels van tyd uiteengesit word; dalk is daar iewers ’n glyskaal wat ver­duidelik dat ’n hoogwaardigheidsbekleër se minute stadiger verby tik – dié dat dit die norm geword het om tot 45 minute vir so ’n persoon te wag.

Dit is bykans dieselfde beginsel waarvolgens sommige bruide doelbewus laat vir die kerk­seremonie opdaag.

Diegene wat met moeite beplan om betyds te wees, se poging word met dié gewag oënskynlik min­agtend na hulle teruggegooi.

En dié tyd van die jaar, wanneer dae sleepvoetend in ’n afgematte droë vroegsomer verbygaan, smag ’n mens na ’n tydlose ruimte.

’n Ruimte waarin die gedreun van voertuie en lugreëling, die gepiep van boodskappe op selfone of van inkomende e-posse en die klingels van “Jingle Bells” nie so klem lê op elke minuut wat meedoënloos verbytik nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.