Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kry ’n ander bak en vier fees

My ouma het ’n bak van die fynste kristalglas gehad. Pragtig. Ek sien nog hoe dit in haar hande geblink het. Met elke Kersete en spesiale geleentheid het ons geweet – dit is tyd vir die kristalbak. Sy het dit self gewas, self gebêre.

Een jaar, een Kersfees, het dié bekende geval. In een oomblik het die pragtige fyn kristal geval, fyn en flenters gebreek. Ek en die nefies was verstom, geskok. Ons het nie gedink dit kan ooit gebeur nie. Die verlies van hierdie bekende was vir ons te veel.

Ouma se mooi hart en krag het daardie dag die gebreekte bak oortref. Dit terwyl sy daardie bak die liefste gehad het.

“Kom nou julle, daar gaan in jul lewe baie bakke breek. Julle kan nou hier tussen die glasstukke staan, of julle kan saam met my in feesvreugde kom deel. Daar is ’n tyd vir elke saak. ’n Tyd vir ons om die bak te gebruik, ’n tyd wat dit breek, ’n tyd wat ons onthou wat ons gehad het. Ons kan die stukkies glas onthou, of die vreugde wat die bak verskaf het. Ek kies om die bak te onthou en die flenters te vergeet. Natuurlik was ek lief vir die bak, maar die vreugde van julle om die bak is veel meer. Gaan haal ’n ander bak en laat ons feesvier.”

Ná 35 jaar, elke Kersfees, onthou ek steeds die bak en vir Ouma. En haar woorde: Kom, kyk terug, onthou die mooi, vergeet die glasstukkies. Rou oor wat jy wil rou, maar gaan haal ’n ander bak en begin oor. Die nuwe jaar lê voor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.