Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kwessies in dorpe getakel
    Hierdie sakke vol rommel is uit die duikweg in Upington verwyder. Riete, wat misdadigers as wegkruipplek gebruik, is ook afgebrand om die gebied te beveilig. Foto: Verskaf
    • AfriForum se Upington-tak het in samewerking met Walker Midas en Sakkie se Arkie die duikweg in die middedorp skoongemaak.

    Die rommel wat in die duikweg ophoop, hou ’n veiligheids- en gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in. Upington se brandweerdiens het ook aan die projek deelgeneem deur rommel wat nie opgetel kon word nie, te verbrand. Riete, wat misdadigers as wegkruipplek gebruik, is ook afgebrand.

    • AfriForum se Bloemhof-tak het Donderdag (17/09) die Japie Kritzinger-tehuis vir bejaardes in dié dorp ontsmet.

    Die tak het vroeër vanjaar toerusting gekoop om ondernemings met die ontsmetting van hul terrein en gebou te ondersteun. Gedurende die inperkingstyd het die tak die polisiekantoor, ’n hospitaal, skole, ondernemings en tehuise ontsmet.

    Tot op hede het die tak meer as 450 liter ontsmettingsmiddels gebruik.

    • AfriForum se buurtwag in Kuruman is op 13 September in kennis gestel dat ’n brand op die hoek van Poolmanstraat en Cillierslaan in dié dorp ontstaan het. Die buurtwag se brandspan was eerste op die toneel en het die plaaslike brandweer ontbied.

    ’n Lapa en gastekamers se grasdak was aan die brand. Die buurtwag se brandspan, toegerus met vier vuurvegters, het dadelik begin om die brand te blus.

    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Kontak Kontak ons
    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.