Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat jou stem geld

Die toekoms van die land is vandag (08/05) in elke Suid-Afrikaner se hande.

Stemmery sal vandag van 07:00 tot 21:00 by stemlokale oor die land heen geskied, en miljoene Suid-Afrikaners sal na verwagting na die stembusse opruk om hul kruisie te trek.

As jy voel die land se leierskap het jou oor die afgelope vyf jaar in verskeie opsigte gefaal en nie jou belange op die hart gedra nie. As jy voel dit is sleg vir die land se toekoms, is dit nou jou kans om iets daaraan te doen.

As jy egter tevrede is met die manier waarop die land regeer word, is dit ook jou volste reg om die politici aan die stuur van sake met jou stem in die algemene verkiesing te beloon.

Dié stem kry jy net een keer in vyf jaar.

In ’n demokratiese bestel tel elke stem, en jy het ’n geleentheid om jou stem te laat geld.

As jy nie stem nie, het jy ook nie die reg om oor die land se leierskap te kla nie.

Te dikwels sien ons hoe mense tussen verkiesings bande brand en aan onluste en betogings deelneem omdat hulle met die leierskap ontevrede is.

Dít terwyl daar elke vyf jaar gulde geleentheid is om vir leiers te stem wat jou nie in die steek sal laat nie. Ons het dit vanjaar weer in die aanloop tot die algemene verkiesing gesien.

Nou is die kans om jou stem te gebruik om bekwame leiers die mandaat te gee.

Maak seker jy trek jou kruisie op die regte plek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.