Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Landwye bloedtekort ’n bekommernis

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het ’n tekort aan bloedvoorraad.

Magda Tesner, ’n skakelpraktisyn van die SANBD se Kimberley-tak, het ’n beroep op mense gedoen om bloed te skenk.

Die SANBD se doel is om daagliks 3 000 eenhede in te samel.

“Ons vind dit tans moeilik, aangesien ons weens eksamens nie klinieke by skole en universiteite kan hou nie,” sê Tesner.

Volgens haar plaas dit enorme druk op die SANBS aangesien daar nie aan die hospitale se bloedvoorraad kan voorsien nie.

Sy meen die SANBD sal die daaglikse doelwit na ongeveer 4 000 tot 5 000 eenhede oor die land heen moet verhoog om die nodige voorraadvlak te bereik.

“Hierdie is ’n spesiale beroep op die publiek om 30 minute af te knyp om bloed te skenk, aangesien ons graag sal wil sien dat alle pasiënte wat bloed benodig dit kan kry,” sê Tesner.

Om bloed te skenk, moet ’n mens:

  • 16 tot 65 jaar oud wees;
  • meer as 50 kg weeg;
  • gesond wees; en
  • ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf.

Skakel die SANBD tolvry by 0800-119-031.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.