Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lesers kan dié twee boeke wen
Een leser kan die boek van Brian Fredericks, As die Cape Flats kon praat, wen.Foto’s: Verskaf

“As djy dink dat boeke oorie Kaapse Vlakte gewoonlik net gat maak vannie skiem, dan sal Brian Fredericks vi jou la wee dink. Die skrywer sugarcoat niks, maar sprinkel net genoeg klappe oor alles ommie hatsee dinge met ’n bietjie hoop te balance. As die Cape Flats kon praat, wil ek hê Brain moetie mic hou.”

So sê Bernie Fabing, stigter van Vannie Kaap oor Brian Fredericks se boek, As die Cape Flats kon praat.

  • Om ’n kans te staan om dié boek te wen, beantwoord die volgende vraag: Wie het die boek oor die Kaapse Vlakte geskryf?
Die boek, Anton Goosen – Liedjieboer, deur Hanlie Retief is te wen.

In Anton Goosen – Liedjieboer, geskryf deur Hanlie Retief, kry die leser insig op die liedjieboer se lewe van plesier, prestasie en ’n hardkoppige wil om dinge op sy manier te doen.

  • Om ’n kans te staan om Anton Goosen – Liedjieboer te wen, beantwoord die volgende vraag: Wie het die boek oor Anton Goosen geskryf?

Twee Noordkaap-lesers kan elk een van dié boeke wen. Stuur ’n e-pos met jou antwoord na helena.barnard@­volksblad.com of “message” dit na die Facebook-blad Noordkaap koerant, voor of op Dinsdag (04/08) om 16:00. Dui aan watter boek jy wil wen.

Die boek moet in Kimberley afgehaal word.

Noordkaap-lesers word aangeraai om die Facebook-blad Noordkaap koerant dop te hou vir nog kanse om boeke te wen. Die ruimte in die koerant laat nie publikasie van al die kompetisies toe nie.

  • Geluk aan Chrissie Damon-Verbert, wat die digbundel van Lynthia Julius gewen het.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.