Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
LEWENDE WATER: Ware liefde lyk só

Ek het eenmaal in ’n fietswedren geval. Ek het drie ribbes gebreek en my valhelm gekraak – en besef hoe wonderlik dit is dat ek een opgehad het. Daarsonder kon my skedel ook gekraak het.

Om sonder ’n valhelm te ry sal ons rem en oorversigtig maak, maar met ’n valhelm word die pret en vreugde vermenigvuldig omdat ons weet ons is veilig.

Dit laat my aan die wet dink. Die wet verduidelik hoe ’n egte liefdesverhouding lyk.

Die liefdesreëls spel uit hoe ons teenoor God en teenoor mekaar moet optree.

Wanneer ons die reëls volg, sal ons niemand benadeel of seermaak nie – ons sal eerder vir mekaar opstaan en mekaar se belange op die hart dra.

Eksodus 20:6 verklaar hoe groot God se guns oor ons is.

Hy is ’n God wat straf, en sal mense wat ontrou is selfs tot in die vierde geslag straf.

Maar as mense volledig aan Hom toegewyd is, bewys Hy barmhartigheid – tot in die duisendste geslag.

As verloste mense word ons in die tien gebooie opgeroep om God se voorbeeld te volg en met barmhartigheid teenoor mekaar te leef.

Die Here se liefde en barmhartigheid moet die patroon vir ’n omgeelewe van sorg vir mekaar en vreemdelinge word.

Ons moet mekaar se waardigheid erken en respekteer.

Ons land het dié soort liefde baie nodig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.