Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lewenspakkie nie alleen gedra

Aan die einde van hierdie jaar maal een gedagte in my kop. Dit behels die verskillende lewenspakkies wat almal van ons moet dra.

Wanneer ons om ons kyk, is dit ’n gelyk­maker onder mense – niemand is sonder ’n pakkie wat op sy of haar skouers druk nie.

Dikwels is ons onbewus van die pakkie wat ’n ander dra. Vir een is dit hul huwelik, vir ’n ander finansies; ’n ander worstel met siekte, en doodsbeproewing klop aan by ’n ander se huis; een is op soek na werk en ’n ander een se werk druk hom plat; een het baie geld, maar niks anders nie; ’n ander het alles behalwe geld; een se kinders bring beproewing, en ’n ander een se ouers is uitdagend – negatiewe, swaar pakkies wat ons nederig hou.

Deur die jaar het positiewe pakkies ons natuurlik ook verryk: mense wat omgee, gawes op die lewenspad, oplossings wat net dáár is; maar die belangrikste is die krag wat kom van Hom wanneer jy te swak is, en wat aan jou lewenspakkie ’n doel gee.

Ons kyk terug en weet: Uit die swaar pakkies kon ons leer. Ons is dankbaar vir dié wat kon help dra en dankbaar dat ons soms ander kon help dra. Ons is egter die dankbaarste dat daar Een is wat bekend is met almal se pakkies en dat Hy graag help dra. Hy verstaan.

Ons is deur nog ’n jaar – met hart, in krag, tot hoop . . .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.