Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Liefde dalk lewenslange anker

“Hy was erg oor my” – dit is seker een van die mooiste getuigskrifte wat ek van ’n vrou oor haar man kon kry.

Twee jaar is sy nou alleen. Twee jaar was hy siek. Twee jaar het hulle geworstel met haar pad alleen vorentoe.

Dit was nie maklik nie. Albei het dit besef en albei moes vrede maak daarmee.

Hy dat hy sou sterf, en sy dat sy die pad alleen vorentoe sou moes aandurf. Sy en die kinders.

Die genade vir elke dag is groot en genoeg. En die onthou.

Die onthou dat hy erg oor haar was. Vir my is dit ’n getuigskrif van wie hy was en wie sy is.

Sy kon soveel ander dinge gesê het oor hoe hy haar hanteer het en wat hulle gedeel het of nie gedeel het nie.

Maar hy was erg oor haar. Dit is genoeg. Dit is mooi. Sy wil dit onthou en sy kan daaraan vashou.

Daarom is dit maklik om vorentoe te gaan.

Namate die lewe aangaan en voortgaan weet ek dat sy nog ’n vol lewe oor het.

Daar sal baie dinge op haar lewenspad gebeur en daar sal dae van voorspoed en teëspoed wees, maar ek weet die wete dat iemand erg oor haar was, laat haar veilig voel.

Al is die tyd van deel vir hulle verby kan sy steeds vrede en veiligheid daarin vind.

Soms vergeet ’n mens hoe baie die liefde wat jy gee vir ’n ander beteken. Soms word dit ’n lewenslange anker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.