Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ligte bly glo dié winter aan

Eskom verwag nie dié winter beurtkrag nie.

Drie dae van beurtkrag teen die einde van Julie is wel moontlik.

Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, het Sondag (21/06) gesê Eskom is vol vertroue dat hy genoeg opwekkingsvermoë het om die hele land gemaklik van krag te voorsien.

“Hierdie winter is daar geen vooruitsig vir landwye beurtkrag nie. Ons het beraam dat dit beperk kan wees tot drie dae laat in Julie.”

Namate die ekonomie weer in bedryf kom sedert vlak 3 van die nasionale inperking ingestel is, het die aanvraag na elektrisiteit begin toeneem.

Eskom het verlede week gewaarsku dat mense krag spaarsamig moet gebruik.

Eskom se eie gedokumenteerde vooruitskattings, waarvan die nuutste weeklikse statusverslag aan die begin van Junie op sy webblad gepubliseer is, wys tog op ’n groter risiko vir moontlike kragtekorte in Julie en Augustus.

Hiervolgens verwag Eskom geen beurtkrag in Junie nie, maar wel ’n moontlikheid van kragtekorte in die tweede en vierde week van Julie.– Francois Willemse, Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.