Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lyk van vierjarige in houer gevind

Die lyk van ’n vierjarige seuntjie is Vrydagaand (09/10) ná ’n grootskaalse soektog in ’n houer by ’n huis in Ikhutseng in Warrenton gevind.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie se soektog na Thapelo Monageng (4) het begin nadat sy ouers hom Vrydagoggend as vermis aangemeld het. Die seuntjie het omstreeks 11:00 na ’n snoepwinkel naby sy huis gestap en nie weer teruggekom nie.

Sy lyk is die aand in ’n houer, wat met ’n kombers bedek was, gevind nadat polisie inligting ontvang en opgevolg het. ’n Verdagte (36) is op die toneel by die huis in Ikhutseng in hegtenis geneem.

Genl. maj. Phiwe Mnguni, waarnemende bevelvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, het sy afgryse oor die vonds uitgespreek en die voorval ten sterkste veroordeel.

Die verdagte sou Maandag in die hof in Warrenton op ’n aanklag van moord verskyn.

Die motief is nog onbekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.