Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man gesoek ná rooftog

Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad is op soek na ’n man wat glo kan help met inligting oor ’n rooftog wat op 17 Mei 2019 in Keke­whichrylaan in Kimberley plaasgevind het.

Volgens kapt. Olebogeng Tawana het ’n 75-jarige vrou van Kekewhichrylaan op die betrokke aand wakker geword toe ’n hond binne haar huis begin blaf het.

Nadat sy opgestaan het om te gaan ondersoek instel, het ’n man haar slaapkamer binnegekom en gedreig om haar te verkrag en haar met ’n mes te steek as sy ’n geluid maak.

Die man het glo die slagoffer se kop met ’n duvet bedek en die hond in ’n kamer toegesluit.

Selfone, ’n beursie met kontant en kruideniersware is gebuit voordat die verdagte gevlug het.

Volgens die polisie is die man wat hulle vermoedelik met inligting kan help, maer en sowat 1,7 m lank.

Hy is donker van gelaat, praat Afrikaans en het ’n sny op sy linkerwang.

Mense met inligting oor waar die man hom bevind kan die ondersoekbeampte, kapt. Mokwena, by 071-686-1182/053-836-2602 of Crime Stop by 08600-10111 bel.

Inligting word vertroulik hanteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.