Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man in hegtenis vir dwelms

’n Snuffelhond van Kimberley se K9-eenheid het Vrydagoggend (19/06) gehelp om ’n vermeende dwelmhandelaar van Galeshewe aan te keer.

Eddie, ’n swart labrador, het met sy snuffelvaardighede sowat 3 000 Mandrax-tablette by die 28-jarige verdagte se huis gevind.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die misdaadintelligensie-eenheid en die K9-eenheid het Vrydag op die man se huis in Lekhelestraat toegeslaan nadat hulle inligting oor die dwelms ontvang het.

Eddie het die dwelms in ’n hokkie agter die huis uitgesnuffel.

Ramatseba sê die waarde van die dwelms beloop sowat R180 000. Die man is by sy huis vir die besit van en handel in dwelms in hegtenis geneem.

Ramatseba het Eddie en die lede van die onderskeie eenhede vir hul optrede bedank, maar gesê dié sukses moet ook aan die mense van Galeshewe toegeskryf word.

“Sonder hul hulp en die inligting wat hulle verskaf het, sou ons nie die oortreder kon vastrek nie. Ons moedig gemeenskappe aan om saam met die polisie te werk sodat ons misdaad uit ons woonbuurte kan verwyder.”

Die verdagte verskyn binnekort in die hof op aanklag van die besit van en handel in dwelms.– Anena Burger

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.