Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man ná 11 maande geboei

Byna ’n jaar nadat ’n groep rowers op die Windsorton-polisiekantoor toegeslaan en wapens gebuit het, is ’n 28-jarige verdagte aangekeer.

Volgens Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, is Nkanye Matshidiso op 26 Augustus in hegtenis geneem nadat sy foto deur die Valke en polisie gesirkuleer is.

Hy is deur die lede van die Parkweg-taakspan naby Virginia in die Vrystaat gevang.

Matshidiso het op 28 Augustus vlugtig in die landdroshof in Virginia verskyn. Sy verhoor sal na ’n landdroshof in die Noord-Kaap oorgeplaas word waar hy op aanklag van gewapende roof tereg sal staan.

Sy inhegtenisneming spruit uit gebeure op 2 Oktober verlede jaar toe ’n groep mans op die Windsorton-polisiekantoor toegeslaan het.

Die vier gewapende rowers het omstreeks 22:30 by die polisiekantoor in dié dorpie, sowat 55 km noord van Kimberley, opgedaag en die twee sersante aan diens gedreig, hulle vasgebind en hul dienspistole en selfone gevat. Daarna het hulle die kluis oopgemaak en pistole en aanvalsgewere gesteel voordat hulle in ’n motor met Botswana-nommerplate gevlug het.

Ses vuurwapens, waaronder twee R5-aanvalsgewere en vier pistole, is gebuit. Die beamptes is nie beseer nie.

Kort hierna het dieselfde rowers ’n BP-vulstasie in Virginia beroof. Een slagoffer is ten tyde van dié aanval beseer.

Twee van Matshidiso se vermeende makkers is verlede jaar dae ná die rooftog in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.