Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Matrieks kry geen afskeid

Asof dit nie erg genoeg was dat matrieks vir ’n groot deel van hul skooljaar tuis moes sit nie, is besluit dat geen matriekafskeidgesellighede vanjaar gehou gaan word nie.

“Skole het weens die Covid-19-pandemie ooreengekom om leerlinge en onderwysers se veiligheid en gesondheid te beskerm,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale onderwysdepartement, verlede week gesê.

Dennis Delport berig op Netwerk24 dat Mhlanga sê dit is veel belangriker om nou op te vang en deur die res van die akademiese jaar te kom as om matriekafskeid te hou.

Vanjaar se eindeksamen vind van 5 November tot 14 Desember plaas.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, bevestig dat hulle skole afraai om tydens die pandemie afskeidgeleenthede aan te bied.

NoordkaapBulletin het met verteenwoordigers van drie hoërskole in die gebied gepraat en almal is dit eens dat ’n afskeid vir matrikulante beslis nie in dieselfde formaat as altyd aangebied sal word nie.

Een skool het te kenne gegee dat hulle by die voorskrifte berus.

’n Ander sê hulle hoop dat die regulasies teen die einde van die eksamen sal verander sodat hulle ten minste ’n informele geselligheid kan aanbied.

’n Idee wat nog ’n skool oorweeg, is ’n virtuele geleentheid – byna soos ’n parade – waar daar van die gr. 12-leerlinge afskeid geneem kan word.

Die regulasies op vlak 2 maak wel voorsiening vir sosiale geleenthede, mits dit aan streng Covid-19-maatreëls voldoen. Luidens dié regulasies word slegs 50 mense op sosiale byeenkomste toegelaat, en gesonde afstande moet streng gehandhaaf word. Mense word ook verplig om gesigmaskers te dra as hulle nie eet of drink nie.

Volgens Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het almal daaroor ooreengekom.

Hy sê dit is ’n groot teleurstelling vir matriekleerlinge.

“Jare lank sien hulle na hul matriekafskeid uit. Hulle het in hul hoërskooljare gesien hoe ander matrieks die dag ervaar, en nou sal hulle nooit kan nie. Dit is ’n emosionele situasie vir hulle.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.