Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Met blomme onthou
Petro Spangenberg van die Kuruman VLV-tak (regs) saam met Hannelie en Zoelien van Noordwyk, die dogter en kleindogter van Zoetjé Oosthuizen, wat op 30 September vermoor is. foto: Verskaf

’n Huldeblyk is aan Zoetjé Oosthuizen (65) opgedra tydens die Kuruman VLV-tak se eerste byeenkoms sedert die inperking.

Petro Spangenberg van dié tak het op Woensdag 7 Oktober tydens die byeenkoms gesê: “Zoetjé was misterieus en anders as al die ander mense op die aarde. Jy kon haar nie in ’n vorm giet nie. Sy was glad nie die tipiese predikantsvrou nie en tog het sy op niemand se tone getrap nie. Sy het haar plek volgestaan in die kerk en selfs in die koor gesing. Ons is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader wat haar vir 65 jaar op hierdie aarde met ons en haar familie gedeel het.”

Oosthuizen het in 2005 by die Kuruman VLV-tak aangesluit en was vir meer as 15 jaar ’n getroue lid.

Oosthuizen se dogter, Hannelie, en kleindogter, Zoelien van Noordwyk, het die geleentheid by Boa-Fé op uitnodiging van die tak bygewoon. Zoelien se naam is ’n kombinasie van haar twee oumas, Zoetjé en Rolien, se name. Rolien van Noordwyk was ook ’n lid van Kuruman VLV totdat sy onlangs na Brits verhuis het.

Die vroue van die tak het elk ’n blommekransie in hul hare gedra ter herinnering aan Oosthuizen, wat op haar troudag op 9 April 2019 ’n blommekransie in haar hare gedra het.

  • Oosthuizen is op 30 September oorlede en Hennie Oosthuizen (68), met wie sy verlede jaar getroud is, is vir haar moord in hegtenis geneem. Hy sou Maandag (12/10) in die hof in Kuruman vir aansoek om borgtog verskyn.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.