Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moenie hoofdoel uit die oog verloor

Onder die druk van die ekonomiese klimaat haal die meeste besighede reeds swaar asem; boonop moet hulle hierdie tyd van die jaar stoei om hul debiteure in te vorder.

Wanneer ’n mens in die algemeen met werknemers gesels en oor hul werksomstandighede uitvra, kom jy gou agter daar is nog iets wat besighede in gemeen het.

Dit is die een kollega wat anders as die res optree.

Daardie kollega wat personeellede teen mekaar afspeel. Wat nuuskierigheid met belangstelling verwar. Wat kwaadpraat en konflik veroorsaak. Wat stories versprei sonder om feite te kontroleer. In uitsonderlike gevalle is dit selfs die eienaar.

Delf jy ’n bietjie dieper en vra jy meer uit, het almal dit eens – dit is ’n ander soort uitdaging as die res van die uitdagings by die werk. Om agter die redes vir hierdie optredes te kom, het die meeste mense skynbaar opgegee.

Die gemiddelde mens probeer net hul eie gang gaan en deur die dag werskaf.

Die algemene gevoel is dat sommige mense die hoofdoel uit die oog verloor – om van die besigheid ’n sukses te maak, selfs al is dit nie jou eie nie.

As jy saam werk om een doel te bereik, maak dit dinge baie makliker en die dae baie korter.

Soos een mens opgemerk het: “Dalk moet hierdie soort kollegas almal by dieselfde maatskappy gaan werk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.