SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Mooi loop die nuwe jaar in

Die einde van die jaar het aangebreek. Vinniger as wat party verwag het en nie gou genoeg na ander se mening nie.

Aan die een kant is daar dié wat opgewonde na ’n blaaskans uitsien. Aan die ander kant is daar dié wat eers later kan wegbreek.

Met die einde van die jaar is daar nog twee-en-’n-bietjie-maande oor na die einde van die finansiële jaar. Diegene wat hulle in die syferbedryf bevind se jaar het dus nog nie einde gekry nie.

Vir sommige mense was 2018 die beste jaar ooit; vir ander die slegste. Die res het dit as iewers tussenin ervaar.

Brokkies herinneringe van 2018 kom en gaan. Doelwitte wat gestel is, maar nooit bereik is nie. Of wel bereik is. Nuwe geleenthede en uitdagings wat 2018 sou bied het ou geleenthede en ou uitdagings geword.

Mense sien met verwagting uit na die nuwe jaar. Soos elke jaar. Mense is terselfdertyd benoud oor die onbekende. Soos elke jaar.

Mag diegene wat die paaie gedurende die vakansietyd aandurf, hul bestemming veilig bereik. Vir diegene wat slegs brandstof vir Jan Tuisbly se karretjie het – geniet dit. Onthou die mooi van 2018 en dra dit 2019 binne. Wees voorspoedig. Wees veilig. Rus.

In ’n oogknip gaan ons almal weer met ’n volgende jaar besig wees.

Tot dan – mooi loop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.