Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mors eerder voor jou eie deur

“Sal jy iets daaroor skryf?” vra hy.

“Ek kan,” knik ek.

“Maar jy weet hoe dit werk,” sê hy.

“Die mense wat hulle hieraan skuldig maak, lees waarskynlik nie die koerant nie.”

Dit mag so wees, maar ek gaan in elk geval probeer. Ry ’n mens verby ’n oop veld of ’n onontwikkelde gebied, lê vullis opgehoop. ’n Paar vrae kruis ’n mens se gedagtes.

Waarom gooi die skuldiges nie die vullis­sakke sommer op hul eie voorstoep nie? Waarskynlik omdat dit hulle sal pla. Maar om die draai – of ’n paar kilometer verder – pla dit blykbaar nie meer nie. Uit die oog, uit die hart.

Waarom ry die skuldiges nie na die stortingsterrein om die vullissakke weg te gooi nie? Dit is waarskynlik te ver en te ongerieflik.

Waarom sit hulle dit nie soos normale landsburgers ditop die regte plek en regte tyd op die sypaadjie uit om afgehaal te word nie? Waarskynlik omdat dit nie altyd betyds afgehaal word nie. Is dit ’n rede om dit op ’n ander plek te gaan neergooi?iewers anders te gaan weggooi?

Die algemene gevoel is dat boetes so hoog moet wees dat geen mens dit eens sal waag om ’n vullissak iewers neer te sit nie. Ook dat inwoners probleme moet kan aanmeld en selfs ’n kans staan om ’n beloning te ontvang.

As mense soos varke wil leef, moet hulle dit in hul eie agterplaas doen. Moenie dit skelm in die donker voor ’n ander se deur gaan neerplak nie.

Ons het immers vandag se tegnologie om ons te help om die skuldiges vas te trek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.