Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Gewigtige saak – onbepland

Ek stap by die kettingwinkel in. ’n Vriendin het my vertel van die heerlike sjokoladekoeke wat hierdie winkel verkoop.

My oë fynkam die rak. “Death by Chocolate,” sien ek dit raak.

Terwyl ek uitstap, lui my selfoon. Dit is ons seun. Ons benodig plastiese lêersakkies.

Regs voor my is ’n winkel wat lêersakkies verkoop. Koek in die hand stap ek in.

Sakkies in die hand onthou ek my man het gevra ek moet ’n badkamerskaal koop.

Daar is ’n groot verskeidenheid skale om van te kies. Nie die goedkoopste skaal nie. Nie die duurste nie. Nie ’n bloue nie. Nie ’n rooie nie.

Digitaal is te duur. ’n Wyser-skaal sal die ding moet doen.

Ek gaan staan in die ry. Die man voor my se oog vang die sjokoladekoek. Dan die skaal.

Hy draai sy kop effens skuins en sy lippe vorm die woorde: “Death by Chocolate”. Hy sluk. Ek ook.

Ek wil verduidelik dat dit ’n op-die-ingewing-van-die-oomblik koek is. Dat ek nie in die kettingwinkel sou wees nie. Dat ek nie hier sou wees as ons lêersakkies gehad het nie. Dat ek feitlik te laat besef het ons kort ’n skaal. Maar my lippe bly opmekaar.

’n Halfuur later draai ek by die huis se oprit in.

“Wonderlik, jy’t onthou om ’n skaal te koop,” sê my man.

“En ’n sjokoladekoek,” sê hy ingedagte.

“Hoe is dit dat jy ’n Death by Chocolate-koek en ’n skaal gelyktydig hier aanbring?” vra hy.

Ek skud my kop.

“Moet eerder nie vra nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.