Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nasaat van Verwoerd parlement toe

’n Kleinseun van dr. H.F Verwoerd, wat as die argitek van apartheid beskou word, is “beskeie opgewonde” dat hy in sy oupa se voetspore as LP kan volg.

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die Noord-Kaap, het Maandag gesê dat hy op sy eie as LP beoordeel wil word en nie op grond van wie sy oupa was nie.

As permanente inwoner van Orania is hy trots om VF Plus-ondersteuners vir die volgende vyf jaar as LP te kan dien.

Boshoff is die seun van “oom Carel Boshoff”, ’n stigterslid van Orania.

Dié party was een van die suksesvolstes in die afgelope verkiesing omdat hy sy steun van 0,90% in 2014 tot 2,38% vanjaar verhoog het.

Die party se parlementêre setels neem van vier tot tien toe.

Volgens Boshoff was hy sesde op die VF Plus se kandidatelys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.