Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nataniël klim in Kby af

Die Afrikaanse konserttoerOptog! bring Nataniël dié week na Kimberley.

Sy vertoning, wat Vrydag (15/03) om 19:30 in die Ernest Openheimer-teater in Kimberley aangebied word, heet Four Loud People.

Dit beloof om ’n ontploffing van klank, melodieë, ritmes, fantasie, humor en uiteenlopende style en ontwerp na die verhoog te bring.

Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme), geklee in ’n immerverrassende versameling kostuums wat deur Floris Louw ontwerp is.

Optog!, waarvan Nataniël die beskermheer is, is een van die grootste konserttoere deur plaaslike sangers, akteurs en musikante.

Dit streef daarna om Suid-Afrika se gewildste musiek- en teater­produksies op vernuwende wyse op die planke te bring.

Volgens Nataniël weerspieël die toer se naam presies wat die kunstenaars gaan doen.

“Ons marsjeer jou dorp binne en bring vermaak, hoop en herstelwerk. En dan marsjeer ons na die volgende plek.”

Optog! neem produksies na verskeie plekke oor Suid-Afrika en Namibië heen. Die volledige lys van kunstenaars en produksies, asook die dorpe en stede wat in die toerprogram ingesluit is, is by www.optog.co.za beskikbaar.

Kaartjies kan gekoop word by www.itickets.­co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.