Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nog 19 skole in NK oop

Die 19 skole in die Pixley ka Seme-distrik van die Noord-Kaap, wat nie verlede week oopgemaak is nie, sal Woensdag (17/06) heropen, aldus ’n verklaring Sondag (14/06) deur die Noord-Kaapse departement van onderwys.

Daar is aanvanklik besluit om nie die skole oop te maak nie weens die vinnige toename van Covid-19-infeksies in die Umsobomvu- en Renosterberg-munisipaliteit.

“Ons besluit om die skole te heropen volg ná ’n vergadering tussen die LUR van gesondheid en onderwys in die provinsie,” sê Geoffrey van der Merwe, mediawoordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys.

“Die ontsmetting en skoonmaak van hierdie skole is afgehandel, sowel as die verskaffing van sosio-maatskaplike ondersteuning aan die skoolbestuurspanne, onderwysers en ander personeellede,” sê hy. Van der Merwe sê meer as 1 200 leerlinge en 282 onderwysers is by dié skole betrokke.

Saam met die departement van gesondheid onderneem die departement van onderwys om deurlopend die skole te moniteer om ’n veilige onderrig-omgewing te verseker.

Van der Merwe sê ook die departement is besig om die infasering van die volgende grade teen 6 Julie te verfyn.

In ’n mediaverklaring op 9 Junie, die dag ná die eerste skole in die provinsie heropen is, het die LUR van onderwys, Mac Jack, gesê dat 515 heropen is, met slegs geringe uitdagings by van die skole.

Daar is reeds, en gaan verder, aandag gegee word aan tekortkominge wat identifiseer is.

Jack het die media en ouers gevra om nie onbevestigde gerugte oor situasies by skole as die waarheid aan te bied nie, maar dit eers by die departement te bevestig. Sondag was daar 156 bevestigde gevalle (ingesluit een ontoegewysde geval) van Covid-19 in die Noord-Kaap, met een sterfte.

In die distrikte was die infeksiesyfer soos volg:

Pixley ka Seme: 59 (40 in Umsobomvu en 11 in Renosterberg);

Frances Baard: 57 (waarvan 40 in die Sol Plaatje-munisipaliteit);

ZF Mgcawu: 29; JT Gaetsewe: 6 en

Namakwa: 4.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.