Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nog twee verdagtes in hegtenis

Twee nuwe verdagtes wat by die plaasaanval op Piet Els, bekende sakeman van Kimberley, en sy vriendin betrek word, het Maandag (25/11) in die landdroshof in Kimberley verskyn.

Die aanval op 23 Januarie 2018 het sowat vier maande later Els se lewe geëis.

Sy vriendin, Rikkie Alsemgeest, is ook erg aangerand.

’n Man en vrou wat vroeër in Mpumalanga in hegtenis geneem is, sou Dinsdag (26/11) moontlik om borgtog aansoek doen.

Intussen het die staat Maandag in die hooggeregshof in Kimberley, waar die eerste vier verdagtes in dieselfde saak verskyn het, erken hy het foute in die ondersoek gemaak.

Adv. Hannes Cloete, aanklaer, het ’n aansoek ingedien dat die saak tot 17 Februarie 2020 uitgestel word, waarna ’n hofdatum vir die verhoor bepaal sal word.

Regter Violet Phatsoane het sy aansoek toegestaan. Volgens Cloete het inligting in Julie vanjaar na vore gekom. wat ondersoek moes word.Nog inhegtenisnemings word glo verwag.

Die aanvanklike vier beskuldigdes is Morapeli Rankali, Motlalentwe Qhautse, Thuso Ramollo en Lebohang Milesi.

Karabo Rankali, ’n vyfde beskuldigde, se saak moet ook by die hofsaak gevoeg word.

Cloete erken dit is ongewoon dat ’n saak nog ondersoek word terwyl dit reeds na die hooggeregshof oorgeplaas is. Hy glo egter die verdere ondersoek is in belang van geregtigheid.

Die man en vrou wat in die landdroshof verskyn het, mag nie geïdentifiseer word totdat ’n uitkenningsparade gehou is nie. Die saak teen hulle sal eersdaags na die hooggeregshof oorgeplaas word.

Cloete erken dit is ongewoon dat ’n saak nog ondersoek word terwyl dit reeds na die hooggeregshof oorgeplaas is. Hy glo egter die verdere ondersoek is in belang van geregtigheid.

Volgens die vroulike beskuldigde word sy van die besit van gesteelde goedere aangekla.

“Iemand het vir ons die goed gegee – ek het nie geweet wie s’n dit was nie,” het sy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.