Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe boek oor gesinsmoordenaars uit

“Hoe werk die kop van ’n gesinsmoordenaar? Wat het mense soos Don Steenkamp en Henri van Breda gedryf om hul eie ouers te vermoor? Hoe gebeur dit dat iemand sy of haar eie gesin gewis uitwis en hoe algemeen kom hierdie soort moorde voor?”

Dit is die vrae wat die Kimberleyse skrywer en Netwerk24-joernalis, Charné Kemp, in haar splinternuwe boek Bloed, dunner as water probeer beantwoord.

Kemp, skrywer van die gewilde Moord op Griekwastad wat oor die moordsaak van Don Steenkamp handel, het oor die afgelope drie jaar navorsing gedoen en onderhoude met talle psigiaters, sielkundiges en ander kundiges gevoer oor die tendens van gesinsmoorde.

Haar boek steun ook swaar op sielkundige en psigiatriese getuienis uit opspraakwekkende moordverhore wat die land geruk het en probeer vrae beantwoord oor die omstandighede wat tot hierdie tragedies gelei het.

Dit sluit die onlangs verhore van Don Steenkamp en Henri van Breda in, sowel as dié van die sibbe Hardus en Nicolette Lotter, wat saam met ’n vriend, Mathew Naidoo, die moord op hul ouers Johannes and Magdalena Riekie Lotter van Westville in KwaZulu/Natal beplan en uitgevoer het.

Dan is daar ook die saak van Phoenix Theron van Knysna wat op 17-jarige ouderdom saam met haar kêrel, Kyle Maspero, haar eie ma, Rosemary Theron, met ’n tou verwurg het.

Die saak van Marius van der Westhuizen, ’n oud-polisieman, wat sy drie kinders geskiet het vorm ook deel van die boek, en so ook die tragiese verhaal van

Venolia Siwa wat haar vyf kinders vermoor het.

Volgens Kemp het elkeen van hierdie gevalle sy unieke feite.

Waar faktore soos depressie en narcisme in sommige gevalle ’n rol in gesinsmoorde speel, speel psigopatie in ander ’n rol gespeel.

Dwelm,s is nie ’n oorsaak nie, maar maak die dade gladder, soos ’n smeermiddel om die frustrasies uit te bring wat in moord eindig.

Volgens Kemp is al hierdie verhale op hul eie aangrypend maar is een van die verhale, dié van Ellen Pakkies, ’n ma wat haar eie tik-verslaafde kind uit noodweer vermoor nadat hy kind in ’n dwelmslaaf en monster verander het veral interessant.

Die boek is in ’n gedrukte weergawe en aanlyn weergawe uitgebring en is aanlyn en in boekwinkels soos Bargain Books by die Diamond Pavilion Shopping Mall beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.