Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe jaartal skets blinker toekoms

Die jaar is besig om met ’n gekraak en ’n gekreun tot stilstand te ruk. Ons wou nog hierdie. Ons wou nog daardie. Ons wou nog so baie voordat 2019 verby is.

Baie mense het dit as ’n mislike, goor, uitdagende jaar ervaar.

Dit is nie dat ’n mens eintlik oor só ’n jaar mag kla nie. Gewoonlik leer ’n mens baie daaruit. Die probleem is baie mense het 2018 as dieselfde soort jaar ervaar. Twee goor jare wat op mekaar volg, dreineer die meeste mense.

Ons staan aan die vooraand van 2020.

Dit klink asof dit ’n jaar met ’n sekere soort ritme gaan wees. Dit klink soos ’n jaar wat makliker as 2018 en 2019 gaan wees. Minder ingewikkeld. Minder traumaties. Minder trane. Minder massiewe uitdagings.

Sit ’n mens vir ’n paar oomblikke en neem die jaar wat verby is in oënskou, voel dit asof ’n mens ’n maand of twee gemis het.

Die meeste mense wat die geleentheid het om in Desember ’n blaaskans te geniet, gaan die nuwe jaar met nuwe moed en nuwe vasberadenheid tegemoet.

Is daar enige ander opsie?

Mag die jaar 2020 soos ’n T20-krieketreeks wees. ’n Jaar van opwinding. Aksie. Hoogtepunte. Hoë tellings. Waarde vir tyd en geld.

Mag 2020 ’n wonderlike, unieke jaar wees!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.