Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe spelers tree aan

Ashlon Davids (26), ’n veelsydige agterspeler, is een van die nuwelinge wat voortaan rugby vir die Poubloues gaan speel. Dié boorling van Malmesbury het die afgelope paar seisoene ’n draai by die Pumas, Leeus en Luiperds gemaak en ook Superrugby vir die Johannesburgers gespeel.

Davids wil homself in die nr. 10-trui vestig.

Van die ander nuwe gesigte is twee senters, Berton Klaasen en Harlon Klaasen, wat nog verlede seisoen vir die Southern Kings in die Pro14-reeks gespeel het.

Ook “Aussie”, James Verity-Amm (25), veelsydige agterspeler van Kroonstad wat in die Varsityskild-reeks gespeel het voordat hy sy heil by die Western Force in Australië gaan soek het, is een van die nuwe spelers.

Onder die voorspelers is Andrew Beer­winkel, wat die afgelope twee seisoene vir die Pumas gespeel het, wat ewe gemaklik op vaskop- en loskopstut sak. Ook John-Roy Jenkinson, ’n stut, gaan hom in Kimberley vestig. Slot Mzwanele Zito was tot 2017 ’n Poubloue voordat hy vir Carcassonne in Frankryk gaan speel het.

Die Poubloues se voorseisoen het reeds begin en hulle sal tot 13 Desember oefen, waarna hulle in die nuwe jaar weer sal saamtrek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.